Ahasia

Ahasia
Ahasia volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum
Gebore
Sterf
Jerusalem, Juda
NasionaliteitIsraeliet
BeroepSesde koning/koningin van Juda
Termyn841 v.C.
VoorgangerJoram
OpvolgerAtalia
KindersJoas
Ouer(s)Joram en Atalia

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Ahasia was die sesde koning van die Koninkryk Juda en het 1 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Joram. Hy was 42 jaar oud toe hy koning geword het. Volgens die Bybel het hy in die voetstappe van sy pa gevolg en gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. Hy is deur Jehu doodgemaak in opdrag van die profeet Elia. Hy is opgevolg deur sy moeder Atalia.

Sy ouer broers het tydens die aanvalle van die Arabiere en die Filistyne gesneuwel. Tydens sy eenjarige regeringstyd het hy volkome onder die invloed van sy moeder Atalia en die familie van Ahab gestaan.

Dit word genoem dat in Ramot in Gilead saam met koning Joram van Israel teen die Siriërs geveg het. Koning Joram word tydens die veldslag gewond. Toe Ahasia sy beseerde oom in Jesreel besoek word hy daar deur Jehu vermoor. Daardeur word die vloek van die Here op die Huis van Ahab voltrek. Tydens hierdie geleentheid sterf 42 prinse van Juda en nefies van Ahaisia. Hierna vermor Atalai die oorblywende manlike familielede van Ahasia om haar mag te verseker. Slegs Joas, die seun van Ahasia oorleefnadat sy deur die suster van Ahasia gered word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search